Die Boodskap

Psalms 30:2-5 Die Boodskap (DB)

2. Here, ek sal u Naam prys, want U het my gered.U het my vyande gekeer om met my te spot.

3. Here, my God, ek het gebid dat U my moet help.Toe het U my gesond gemaak.

4. Here, U het my uit die dood teruggeruk na die lewe toe.Ek het nie doodgegaan nie. U het my weer lewendig gemaak.

5. Sing lofliedere om die Here se Naam groot te maak.Julle almal wat Hom dien, prys sy Naam!Dink met respek na oor alles wat Hy doen.Hy is heeltemal anders as mense.