Die Boodskap

Psalms 27:11-14 Die Boodskap (DB)

11. Here, vat my hand. Lei my op ’n pad waar daar nie slaggate is nie.Wys my hoe om reg te lewe.Moenie dat hulle wat niks van my hou oor my seëvier nie. Pas my op. Lei my.

12. Party vertel leuens oor my, terwyl ander my met geweld onderstebo wil loop. Moet my tog nie in hulle hand oorgee nie.

13. Dis net my geloof in die Here wat my staande hou.Sy goedheid dra my elke dag van my lewe. As ek dit darem nie geglo het nie …

14. Stel al jou hoop op die Here! Vertrou op Hom!Hou moed! Wees sterk!Moenie die handdoek ingooi nie; bly wag op die Here!