Die Boodskap

Psalms 14:1-2 Die Boodskap (DB)

1. Dit is net ’n baie dom mens wat dink God is nie daar nie.Jy kan dit sien aan wat sulke mense doen: hulle kul en bedrieg net. Hulle stel nie belang om enigiets goeds te doen nie.

2. Die Here soek tussen mense na iemand wat die verstand het om na Hom te soek en te doen wat Hy vra.