Die Boodskap

Levitikus 27:22-23 Die Boodskap (DB)

Indien iemand ’n saailand aan die Here afstaan wat hy aangekoop het en wat nie deel van sy erfgrond was nie, moet die dienaar by die tent die afkoopwaarde daarvan bepaal volgens die jare wat daar nog oor is tot die volgende hersteljaar. Die persoon betaal daar en dan die bedrag wat bepaal is aan die personeel by die Here se tent oor.

Levitikus 27

Levitikus 27:13-26