Die Boodskap

Levitikus 27:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het deur Moses

2. vir die Israeliete gesê: “As ’n persoon iemand anders aan die Here beloof het en hy wil sy gelofte nakom, maar hy wil eerder geld vir die Here gee as die persoon self,

3. moet dit soos volg bereken word: vir ’n manspersoon tussen twintig en 60 jaar oud moet hy 50 stukke geld gee. Dit is volgens die bepaling van die dienaars by die tent hoeveel elke stuk werd is.

4. Vir ’n vrou gee hy 30 stukke.

5. Die afkoopprys vir iemand tussen vyf jaar en twintig jaar oud is twintig stukke vir ’n manspersoon en tien vir ’n meisie.

6. Tussen ’n maand oud en vyf jaar oud is die bedrag vyf stukke vir die seuntjie en drie vir die dogtertjie.

7. Die bedrag vir ’n man bo 60 is vyftien stukke en vir ’n vrou bo dieselfde ouderdom is dit tien stukke.

8. “As die persoon wat die belofte gemaak het nie hierdie bedrag kan bekostig nie, moet hy die persoon wat hy aan God belowe het, na die dienaar by die tent toe vat. Hy sal dan ’n kleiner afkoopsom bepaal wat binne die vermoë is van die persoon wat die belofte gemaak het.”

9. “As hy ’n dier wat geskik is om geoffer te word aan die Here beloof het, behoort dit geheel en al aan die Here.