Die Boodskap

Levitikus 21:17-21 Die Boodskap (DB)

17. om Aäron te beveel dat niemand uit sy nageslag wat ’n fisieke gebrek het, ooit die offers by die tent mag bring nie.

18. “Iemand wat blind is, of kreupel of gebreklik is aan sy lyf,

19. verlam is aan sy voet of sy hand,

20. wat ’n boggelrug het of ’n dwerg is, of ’n pêrel oor sy oog het, of ekseem of skurfsiekte het, of ’n verminkte geslagsdeel het, mag nie die offer by die Here se tent vir Hom bring nie.

21. Enige man uit Aäron se nageslag wat enige van hierdie probleme het, mag nie nader kom en by die tent die offer vir die Here bring nie. Sy gebrek verbied dit dat hy God se offer bring.