Die Boodskap

Josua 21:7-26 Die Boodskap (DB)

7. Aan die Merarigroep is twaalf stede toegeken uit die gebiede van Ruben, Gad en Sebulon.

8. Die Israeliete het op grond van die Here se opdrag aan Moses hierdie stede met hulle weiding vir die Leviete gegee.

9-10. Die eerste groep Leviete aan wie stede toegeken is, was dié uit die nageslag van Aäron wat tot die Kehatgroep behoort het. Hulle het die volgende stede uit die gebiede van Juda en Simeon gekry:

11. Kirjat-Arba of Hebron in die berggebiede van Juda met al die weivelde daar rondom. Die dorp is vernoem na Arba, die voorvader van die Enakiete.

12. Wat die lande van die stad en die omringende dorpe betref, was dié reeds aan Kaleb die seun van Jefunne toegeken.

13. Saam met Hebron, een van die toevlugstede, het Aäron se kinders altesaam nege stede met hulle weivelde uit die gebiede van Juda en Simeon gekry: Libna,

14. Jattir, Estemoa,

15. Golon, Debir,

16. Ajin, Jutta en Bet-Semes.

17. Uit die gebied van Benjamin het hulle vier stede met hulle weivelde gekry: Gibeon, Geba,

18. Anatot en Almon.

19. Die priesters uit Aäron se nageslag het dus altesaam dertien stede met hulle weivelde gekry.

20. Die Levietefamilies in die res van die Kehatgroep het vier stede met hulle weivelde uit die gebied van Efraim gekry.

21. Dit was Sigem, een van die toevlugstede in die bergagtige gebiede van Efraim, Geser,

22. Kibsajim en Bet-Goron.

23. Hulle het ook vier stede met hulle weivelde uit die gebied van Dan gekry: Elteke, Gibbeton,

24. Ajalon en Gat-Rimon.

25. Uit die gebied van die halwe Manassestam het hulle die volgende twee stede met hulle weivelde gekry: Taänak en Gat-Rimmon.

26. Die Kehatgroep het dus altesaam tien stede met hulle weivelde gekry.