Die Boodskap

Josua 21:3-8 Die Boodskap (DB)

3. Daarom het die Israeliete in opdrag van die Here die volgende stede met weiding uit hulle eie grondgebied vir die Leviete gegee.

4. Die eerste familiegroep wat blyplek gekry het, was die afstammelinge van die priester Aäron, wat lede was van die Kehatgroep uit die stam van Levi. Hulle het altesaam dertien stede gekry uit die gebiede van Juda, Simeon en Benjamin.

5. Aan die res van die Kehatgroep is tien stede toegeken uit die gebiede van Efraim, Dan en die halwe Manassestam.

6. Die Gersongroep het dertien stede gekry uit gedeeltes van Issaskar, Naftali en die ander helfte van die Manassestam se grondgebied.

7. Aan die Merarigroep is twaalf stede toegeken uit die gebiede van Ruben, Gad en Sebulon.

8. Die Israeliete het op grond van die Here se opdrag aan Moses hierdie stede met hulle weiding vir die Leviete gegee.