Die Boodskap

Josua 19:49-51 Die Boodskap (DB)

49. Nadat al die stamme van Israel hulle eie deel van die land gekry het, het hulle ook vir Josua die seun van Nun ’n stukkie land gegee waarop hy kon bly.

50. Volgens die Here se opdrag het hulle vir hom die stad gegee wat hy graag wou gehad het: Timnat-Serag in die Efraimsberge. Josua het hierdie stad herbou en daarin gaan bly.

51. So het die priester Eleasar en Josua die seun van Nun saam met die familiehoofde in Silo in die teenwoordigheid van die Here aan die Israeliete hulle woongebiede toegeken. Die verdeling van die land is toe afgehandel.