Die Boodskap

Jeremia 27:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Jeremia ’n boodskap gegee om oor te dra. Dit was toe Sedekia as koning van Juda begin optree het. Sedekia was ’n seun van koning Josia.

2. Die Here het vir Jeremia gesê: “Maak vir jou ’n juk met gedraaide leerrieme aan, net soos dié wat ’n mens gebruik om osse in te span wat ’n ploeg of ’n wa trek. Sit hierdie dwarshout met die gedraaide rieme aan op jou nek.

3. Stuur dan ’n boodskap aan die konings van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon deur hulle verteenwoordigers.” Hierdie verteenwoordigers het na koning Sedekia in Jerusalem gekom. Sedekia was die koning van Juda.

4. Jeremia moes hulle opdrag gee om hierdie boodskap aan hulle konings te gaan gee: “Die Here is die God van Israel en is sterker as alles en almal. Hy sê: