Die Boodskap

Deuteronomium 20:11-14 Die Boodskap (DB)

11. As hulle dan jou voorwaardes aanvaar en jou in hulle stad innooi, moet al die mense wat in die stad bly, vir jou werk sonder enige betaling.

12. Maar as die mense nie belangstel in die vrede wat julle vir hulle aanbied nie en hulle klaarmaak om teen jou te baklei, moet jy hulle stad aanval.

13. As die Here jou God hierdie stad vir jou gee en jy die geveg wen, moet jy elke man doodmaak wat in die stad bly.

14. Maar die vroue en kinders en die vee en ander besittings wat jy in die stad kry, mag jy vir jouself hou. Geniet die besittings van jou vyande omdat dit die Here jou God is wat jou vyande in jou mag oorgee.