Die Boodskap

Deuteronomium 1:41-46 Die Boodskap (DB)

41. “Toe julle dit gehoor het, het julle gesê: ‘Moses, ons het drooggemaak. Soos die Here vir ons gesê het, sal ons sommer dadelik die land binneval.’ En kan julle nog onthou wat toe gebeur het? Elkeen het sy wapens geneem en wou die land sommerso binneval.

42. “Toe het die Here weer gesê: ‘Moses, keer hulle. Ek gaan beslis nie saam met hulle nie. Daarom sal die vyand hulle vernietig.’

43. Ek het julle alles vertel wat die Here gesê het, maar weer het julle nie geluister nie. Julle het julle weer nie aan Hom gesteur nie en die land binnegeval.

44. Toe het die Amoriete wat in die berge woon, op julle toegesak en julle soos bye agtervolg. Hulle het julle tot so ver as Horma en Edom verdryf.

45. Julle het teruggekom en voor die Here gehuil, maar Hy het gemaak of Hy julle nie hoor nie.

46. Daarna het ons ’n baie lang tyd in Kades-Barnea gebly.”