Die Boodskap

2 Samuel 20:23-26 Die Boodskap (DB)

23. Joab was die hoof van die hele weermag van Israel. Jojada se seun Benaja was die hoof van die koning se lyfwag.

24. Adoniram moes sorg dat die slawewerk gedoen word. Josafat, Agilud se seun, was die regering se sekretaris.

25. Sewa moes alles vir die regering opskryf en Sadok en Abjatar was die belangrikste priesters.

26. Ira, wat van Jaïr af gekom het, was ook een van Dawid se priesters.