Die Boodskap

2 Kronieke 27:4-9 Die Boodskap (DB)

4. Hy het ook dorpe in die heuwelland van Juda laat bou en forte en torings in die beboste gebiede.

5. Jotam het ’n suksesvolle veldtog teen die Ammoniete gevoer en hulle oorwin. Hy het hulle in daardie jaar met omtrent drie en ’n halwe ton silwer, meer as 1 500 ton koring en amper net soveel gars belas. Die Ammoniete moes dié belasting nog vir twee jaar daarna ook aan hom betaal.

6. Jotam het magtig geword omdat hy probeer doen het wat die Here sê.

7. Die res van Jotam se geskiedenis, die oorloë wat hy gevoer het en die projekte wat hy aangepak het, is alles in Die Geskiedenis van die Konings van Israel en Juda opgeskryf.

8. Hy was 25 toe hy koning geword het. Hy het sestien jaar lank in Jerusalem regeer.

9. Na sy dood is hy in die Dawidstad begrawe.Sy seun Agas het hom opgevolg.