Die Boodskap

2 Kronieke 23:19-21 Die Boodskap (DB)

19. Hy het wagte by die ingange van die tempel geplaas om te sorg dat mense wat nie daar mag ingaan nie, buite bly.

20. Daarna het die militêre offisiere, die hoofde van families, ander leiers en die hele volk die koning uit die tempel na die paleis toe begelei. Hulle het deur die boonste ingang van die paleis gegaan en die koning op die troon laat sit.

21. Al die mense was bly en die hele stad was rustig nadat Atalia doodgemaak is.