Die Boodskap

2 Kronieke 19:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Koning Josafat van Juda het veilig by sy huis in Jerusalem aangekom.

2. Die siener Jehu, Ganani se seun, het uitgegaan om hom te ontmoet. Hy het vir koning Josafat gesê: “Gaan help jy nou slegte mense en maak jy vriende met die vyande van die Here? Dit het die Here baie kwaad gemaak.

3. Maar jy het darem goeie dinge ook gedoen, soos toe jy die pale ter ere van die afgod Asjera uitgeroei het en toe jy begin het om net te doen wat God wil hê.”

4. Josafat het in Jerusalem gewoon, maar hy het weer uitgegaan en sy mense besoek. Hy het van Berseba af tot in die Efraimsberge deur die land rondgegaan. Josafat het die mense opgeroep om na die Here, die God van hulle vaders, terug te kom.

5. Hy het dwarsdeur die land in die versterkte stede van Juda regters aangestel.

6. Hy het vir hulle gesê: “Wees versigtig in julle werk. Onthou dat julle as regters nie mense tevrede moet stel nie, maar vir die Here. Hy sal julle help wanneer julle uitspraak lewer.

7. Wees versigtig vir die Here en dink mooi wat julle doen, want die Here verdra geen onreg, partydigheid of omkopery nie.”

8. In Jerusalem het Josafat ook sekere Leviete, priesters en familiehoofde van Israel as regters aangestel. Hulle was verantwoordelik vir die toepassing van die wet van die Here en ook vir siviele hofsake tussen mense in die land.

9. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet altyd só optree dat julle die Here tevrede stel. Doen julle werk getrou en met toewyding.