Die Boodskap

2 Kronieke 14:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Abia is oorlede en hy is in die Dawidstad begrawe. Sy seun Asa het na hom koning geword. Hy het gesorg vir tien jaar van rus in die land.

2. Asa het die dinge gedoen wat vir God goed en reg was.

3. Hy het die vreemde altare en heilige plekke vir ander gode tot niet gemaak, die heilige pilare omgegooi en die stompe ter ere van die godin Asjera afgekap.

4. Hy het die mense van Juda aangemoedig om te doen wat die Here, die God van hulle voorouers, vra en om sy wette en reëls na te kom.

5. Asa het die heilige plekke en altare waarop hulle wierook vir vreemde gode gebrand het, in elke dorp van Juda vernietig. Daarom het daar vir ’n hele ruk vrede in Juda geheers.

6. Hy het ook die versterkte stede van Juda herbou terwyl die vrede wat van die Here af kom, daar geheers het.