Die Boodskap

1 Johannes 2:16 Die Boodskap (DB)

Met wêreldse dinge bedoel ek dít: dit is begeertes wat deur menslike en wêreldse belange aangeblaas word sonder om met God rekening te hou; dit is om alles wat jou oë sien vir jouself te wil hê, en dit is om heeltyd net met jouself en dit wat jy het te spog.Dié dinge kom nie van die Vader af nie. Dit borrel op uit die fontein van die wêreld.Maar onthou dit: die aardse dinge is net tydelik. Daarom is al die begeertes daarna ook maar net ’n gejaag na wind.

1 Johannes 2

1 Johannes 2:12-25