Afrikaans 1983

Psalms 98 Afrikaans 1983 (AFR83)

Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here

1. 'n Psalm.Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here,want Hy het magtige dade gedoen,deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin.

2. Die Here het sy oorwinning bekend gemaak,aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar.

3. Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig;die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het.

4. Juig tot eer van die Here, almal op aarde,wees vrolik, juig en sing!

5. Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier,speel op die lier en sing.

6. Blaas die trompet en die ramshoring,jubel tot eer van die Here, die Koning.

7. Die see en alles daarin moet druis,die aarde en alles daarop moet juig,

8. die riviere moet hande klap,die berge moet saam juig

9. voor die Here,want Hy kom om oor die aarde te heers;Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid,oor die volke met billikheid.