Afrikaans 1983

Psalms 70 Afrikaans 1983 (AFR83)

U is my hulp en my redder

1. Vir die koorleier. Van Dawid. Ter herinnering.

2. Red my tog, o God,Here, kom my tog gou te hulp!

3. Laat dié wat my lewe wil neem,self in die ellende beland, teleurgestel in hulle verwagting.Laat dié wat graag my ondergang wil sien,op die vlug slaan en beskaamd staan.

4. Laat dié wat my spot,padgee omdat hulle self in die ellende beland het.

5. Laat almal wat by U hulp soek,jubel en bly wees oor U,laat dié wat op u hulp staat maak,altyddeur sê: God is groot!

6. Ek is hulpeloos en arm;kom tog gou na my toe, o God.U is my hulp en my redder,Here, moet tog nie talm nie!