Afrikaans 1983

Psalms 53 Afrikaans 1983 (AFR83)

Daar is nie een wat goed doen nie

1. Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Dawid.

2. Die dwaas dink daar is geen God nie.Dwase mense vernietig alles;wat hulle doen, is 'n gruwel vir God.Daar is nie een wat goed doen nie.

3. Van die hemel af kyk God die mense deurom te sien of daar één verstandige is,één wat na die wil van God vra.

4. Almal het afgedwaal,die laaste een het ontaard,daar is niemand wat goed doen nie,selfs nie één nie.

5. Julle wat onreg pleeg,wat my volk opeet asof julle brood eet,en wat weier om God te dien —weet julle dan nie

6. dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur,so vreeslik soos nooit tevore nie?God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg,op die slagveld verstrooi.Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan,want God het hulle verwerp.

7. Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom!Wanneer God die lot van sy volk verander,sal Jakob juig, sal Israel bly wees.