Afrikaans 1983

Psalms 28 Afrikaans 1983 (AFR83)

Aan die Here kom die lof toe

1. Van Dawid.Ek roep na U, Here, my Rots,moet tog nie doof wees vir my nie.As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende.

2. Hoor my smeekstemas ek na U roep om hulp,as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.

3. Moet my tog nie uitroei saam met die goddeloses,die mense wat onreg doen nie.Hulle praat vriendelik met hulle bure,maar daar is kwaadwilligheid in hulle harte.

4. Vergeld hulle volgens hulle dadeen volgens hulle skandelike gedrag.Vergeld hulle volgens die werk van hulle handeen laat hulle kry wat hulle verdien,

5. want hulle let nie op die dade van die Hereen op die werk van sy hande nie.Daarom sal Hy hulle afbreeken nooit weer opbou nie.

6. Aan die Here kom die lof toe,want Hy het my smeekstem gehoor.

7. Die Here is my sterkte en my beskermer,op Hom het ek vertrou.Hy het my gehelp.Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.

8. Die Here is 'n sterkte vir sy volk,'n veilige beskutting vir sy gesalfde.

9. Red u volk en seën dié wat aan U behoort;wees vir hulle 'n herderen sorg altyd vir hulle.