Afrikaans 1983

Psalms 127 Afrikaans 1983 (AFR83)

As die Here die huis nie bou nie

1. 'n Pelgrimslied. Van Salomo.As die Here die huis nie bou nie,swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs.As die Here die stad nie beskerm nie,waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.

2. Tevergeefs dat julle vroeg opstaanen laat gaan slaapom met moeite 'n bestaan te maak.Vir dié wat Hy liefhet,gee die Here dit in hulle slaap.

3. Seuns is geskenke van die Here,kinders word deur Hom gegee.

4. Soos pyle in die hand van 'n krygsman,so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was.

5. Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het!Sulke mense het niks te vreesas hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie.