4. Kom, held, maak u reg vir die stryd,kom in u koninklike luister.
5. Mag u oorwin!Knoop die stryd aan vir die waarheiden vir die reg van die hulpelose!U is geroepe tot magtige dade.
6. U skerp pyle laat volke voor u voete val;hulle deurboor die hart van die koning se vyande.
7. U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas,met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied.
8. U het die reg lief en u haat die onreg,want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf.
9. Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere;musiek uit u ivoorversierde paleis maak u bly.
10. Voor u staan prinsesse, getooi met u juwele,en aan u regterhand die koningin, versier met goud van Ofir.
11. Luister, dogter, luister goed:neem afskeid van u volk en u familie,
12. want u skoonheid bekoor die koning.U behoort aan hom, u moet hom eer.
13. Dogter van Tirus, die rykes van die volk sal u guns soek met geskenke.
14. In louter prag staan die koningin daarin haar kleed van goudbrokaat;
15. in haar veelkleurige rok word sy na die koning toe gelei;sy en haar gevolg van jong meisies, haar vriendinne, word na u toe gebring.