Afrikaans 1983

Psalms 35:21-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Hulle rek hulle monde teen my oopen sê: “Ja, ons het dit self gesien.”

22. Maar U het gesien dit is nie so nie, Here.Moet tog nie swyg nie.Moenie ver van my af bly nie, Here.

23. Tree tog vir my in, my God.Doen tog iets aan my saak, Here.

24. U is regverdig, Here my God,laat reg aan my geskied,sodat hulle hulle nie in my leed verlustig nie.

25. Moenie dat hulle vir hulleself sê:“Dis mos wat ons wou gehad het” nie.Moenie dat hulle sê: “Ons het hom vernietig” nie.

26. Laat almal wat bly is oor my ellende,teleurgestel word in hulle verwagtingen self in die ellende beland.Laat oor hulle wat op my neersien,skande en smaad kom.

27. Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word,laat hulle juig en bly wees,laat hulle altyd weer sê:“Die Here is groot.Hy sorg dat sy dienaar vrede het.”

28. My tong sal nie stil word oor u trou nie,dag vir dag sal ek U loof.