Afrikaans 1983

Psalms 35:13-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. En tog, toe húlle siek was,het ek getreur soos oor 'n sterfgeval:rouklere aangetrek en myself gekasty deur nie te eet nie.Ek het sonder ophou vir hulle gebid

14. soos vir 'n vriend of 'n broer.Ek het rondgeloop soos een wat oor sy moeder treur,krom en in die rou.

15. Maar nou dat ek in die moeilikheid is,is dit vir hulle lekker en span hulle saam teen my.Sonder dat ek weet waaroor,skeur hierdie skoorsoekers my uitmekaaren hulle kry nie end nie.

16. Nou dat ek struikel, lag hulle daaroor;nou kom dreig hulle my.

17. Hoe lank, Here, sal U dit duld?Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mensewat my soos leeus bedreig.

18. Dan sal ek U in 'n volle vergadering danken voor die hele gemeente prys.

19. Moenie dat hulle wat sonder rede my vyande is,hulle verlustig in my leed nie.Moenie dat dié wat my sonder aanleiding haat,hulle verlustig in my leed nie.

20. Hulle wil nie vrede hê nie,hulle kom met vals beskuldigings teen vredeliewende mense.

21. Hulle rek hulle monde teen my oopen sê: “Ja, ons het dit self gesien.”

22. Maar U het gesien dit is nie so nie, Here.Moet tog nie swyg nie.Moenie ver van my af bly nie, Here.

23. Tree tog vir my in, my God.Doen tog iets aan my saak, Here.

24. U is regverdig, Here my God,laat reg aan my geskied,sodat hulle hulle nie in my leed verlustig nie.

25. Moenie dat hulle vir hulleself sê:“Dis mos wat ons wou gehad het” nie.Moenie dat hulle sê: “Ons het hom vernietig” nie.