Afrikaans 1983

Psalms 27:5-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis,my veilig laat skuil in sy woonplek,my hoog op 'n rots laat staan;

6. ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring,ek sal 'n lied sing,ek sal sing tot die eer van die Hereterwyl ek neerkyk op die vyande rondom my.

7. Luister tog na my, Here, as ek roep;wees my genadig en verhoor my gebed.

8. Ek onthou wat U gesê het:“Julle moet My kom dien!”Ek is hier om U te dien, Here.

9. Moet U tog nie vir my verberg nie,moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie,want U was nog altyd my hulp.Moet my tog nie verstoot en verlaat nie,want U alleen is die God wat my red.

10. Al sou my vader en my moeder my verlaat,die Here sal my onder sy sorg neem.

11. Leer my u wil, Here,en lei my op 'n gelyk padsodat my vyande nie hulle sin kry nie.

12. Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie,want daar staan vals getuies teenoor myen hulle blaas geweld teen my aan.

13. As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!