Afrikaans 1983

Psalms 18:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. 'n Lied van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het dié woorde tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul.

2. Hy het gesê:Ek het U baie lief, Here, my Sterkte.

3. Die Here is my rots, my skuilplek en my redder,my God, my rots, by wie ek skuil,my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

4. Onder bespotting roep ek na die Here,dan word ek van my vyande verlos.

5. Bande van die dood het my omsluit,strome van onheil het my verskrik.

6. Bande van die doderyk het my vasgetrek,strikke van die dood het my bedreig.

7. In my nood roep ek na die Here,ja, ek roep om hulp na my God.In sy paleis hoor Hy my geroep.Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my.

8. Die aarde het geskud en gebewe,die fondamente van die berge het getril en geskud,want Hy was vertoorn.

9. Rook het uit sy neus getrek,vuur uit sy mond het alles verteer,gloeiende kole uit sy binneste.

10. Hy het die hemel afgebuig en afgekom,onder sy voete was duisternis.