Afrikaans 1983

Psalms 14:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Van Dawid.Die dwaas dink daar is geen God nie.Dwase mense vernietig alles;wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here.Daar is nie een wat goed doen nie.

2. Van die hemel af kyk die Here die mense deurom te sien of daar één verstandige is,één wat na die wil van God vra.

3. Almal het afgedwaal,die laaste een het ontaard;daar is niemand wat goed doen nie,selfs nie één nie.

4. Julle almal wat onreg pleeg,wat my volk opeet asof julle brood eeten wat weier om die Here te dien —weet julle dan nie

5. dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur nie?Omdat God aan die kant van die regverdiges is,

6. sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie:die Here bly sy toevlug.

7. Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom!Wanneer die Here die lot van sy volk verander,sal Jakob juig, sal Israel bly wees.