Afrikaans 1983

Psalms 10:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hy lê onskuldiges voor agter die heiningsen vermoor hulle in die geheim.Hy loer rond in die donker.

9. Hy lê op die loer in 'n wegkruipplek soos 'n leeu agter 'n bos,hy lê op die loer om die hulpelose te vang.Hy vang hom en trek hom vas in sy net,

10. hy slaan hom dat hy inmekaar sak.So kry hy die arme mens in die hande.

11. Hy sê vir homself:“God steur Hom nie daaraan nie,Hy kyk weg,Hy sal dit nooit raaksien nie.”

12. Kom tog, Here! Toon u mag, o God!Moet die hulpeloses tog nie vergeet nie.

13. Hoe durf die goddeloses God veragen reken Hy sal hulle nie uitvind nie?

14. En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet.U let daarop en maak daar 'n einde aan.Op U verlaat die ongelukkige hom,ook vir die weeskind is U 'n helper.

15. Verbreek tog die magsgreep van die goddelose en van die misdadiger,straf sy misdade!Moenie een enkele van sy misdade verskoon nie.

16. Die Here bly altyd koning,die vyande is uit sy land verdryf.

17. U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here.U gee hulle nuwe moed.U verhoor hulle gebed.

18. U behartig die regsaak van die weeskind en van die mens in nood,sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie.