Afrikaans 1983

Numeri 22:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daarna het die Israeliete verder getrek en kamp opgeslaan in die Moabsvlakte teenoor Jerigo, oos van die Jordaan.

2. Balak seun van Sippor het gehoor van alles wat Israel aan die Amoriete gedoen het.

3. Die Moabiete het baie groot geskrik vir die Israeliete, want hulle was baie.Die Moabiete het bang geword vir die Israeliete

4. en het vir die leiers van Midian gesê: “Hierdie horde gaan alles rondom ons opvreet soos beeste die gras in die veld opvreet.” Balak seun van Sippor was destyds koning van Moab

5. en hy het boodskappers gestuur om vir Bileam seun van Beor te laat haal. Hy was in Petor aan die Eufraat in die land Ammau.Balak het hom laat weet: “'n Volk wat uit Egipte kom, het hier by my kom intrek. Die aarde is tóé onder hulle.