Afrikaans 1983

Lukas 2:13-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê:

14. “Eer aan God in die hoogste hemel,en vrede op aardevir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”

15. Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.”

16. Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê.

17. Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is.

18. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het.

19. Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink.

20. Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.

21. Ag dae later, toe dit tyd was om die Kindjie te besny, het Hy die naam Jesus gekry, die naam wat deur die engel genoem is nog voordat Hy in die moederskoot ontvang is.