Afrikaans 1983

Lukas 18:37-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby.”

38. Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!”

39. Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!”

40. Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom:

41. “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.”

42. Jesus sê vir hom: “Goed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.”

43. En onmiddellik kon hy sien, en hy het Jesus gevolg en God geprys. Ook al die mense wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.