Afrikaans 1983

Job 6:14-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las,het die eerbied vir die Almagtige verwerp.

15. My vriende is so onbetroubaar soos die water van 'n spruit,soos 'n droë loop waarin vloedwaters afkom,

16. vol modder en hael, met sneeu wat bo-op dryf,

17. maar wat na 'n tyd afloop en verdwynen wegraak as dit warm word.

18. Reisigers draai af na die spruit toe,maar beland in 'n droë wêreld en kom om.

19. Reisigers van Tema af is op die uitkyk na water,dié wat van Skeba af kom, vestig hulle hoop daarop,

20. maar hulle hoop word beskaam,hulle kom by die spruit, en daar is niks.

21. “Só het julle vir my geword.Julle het skaars my treurige toestand gesien of julle skrik.

22. Het ek ooit vir julle gesê: ‘Gee vir my ietsof koop iemand vir my om met julle geld,

23. red my van 'n vyandof koop my los uit die mag van verdrukkers’?

24. Help my om te verstaan, dan sal ek stilbly,sê my waar ek verkeerd gedoen het.

25. Opregte woorde maak nie seer nie,maar 'n bestraffing deur júlle is geen bestraffing nie.

26. Wil julle my bestraf oor wat ek gesê het,beskou julle die woorde van 'n wanhopige as blote wind?