Job

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Afrikaans 1983

Job 6 Afrikaans 1983 (AFR83)

Job: Ek weet nie meer raad nie

1. Toe het Job weer gepraat:

2. “As my bittere ellende maar geweeg kon word,as die ongeluk wat my getref het, op 'n skaal gesit kon word,

3. sou dit swaarder weeg as die sand van die see.Daarom het ek nie gedink wat ek sê nie.

4. Die pyle van die Almagtige deurboor my,ek word geleidelik deur hulle vergiftig.Verskrikkinge van God bedreig my.

5. Balk 'n wildedonkie as hy by gras kom?Bulk 'n bees by sy voer?

6. Eet 'n mens smaaklose kos, kos sonder sout?Het die wit van 'n eier enige smaak?

7. “Ek raak nie aan sulke kos nie,dit maak my siek.

8. Ag, mag my gebed verhoor word,mag God vir my gee wat ek begeer:

9. mag Hy dit goeddink om my te vernietig,om my lewe met sy hand af te kap!

10. Dan sou ek nog dié troos hê,die vreugde in die pyn wat Hy my nie gespaar het nie:dat ek die woorde van die Heilige nie geminag het nie.

11. “Het ek nog die krag om dit uit te hou?Kan ek nog geduldig op my einde wag?

12. Is ek dan so sterk soos klip,is ek van brons gemaak?

13. Self is ek tot niks in staat nie.Ek weet nie meer raad nie.

14. “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las,het die eerbied vir die Almagtige verwerp.

15. My vriende is so onbetroubaar soos die water van 'n spruit,soos 'n droë loop waarin vloedwaters afkom,

16. vol modder en hael, met sneeu wat bo-op dryf,

17. maar wat na 'n tyd afloop en verdwynen wegraak as dit warm word.

18. Reisigers draai af na die spruit toe,maar beland in 'n droë wêreld en kom om.

19. Reisigers van Tema af is op die uitkyk na water,dié wat van Skeba af kom, vestig hulle hoop daarop,

20. maar hulle hoop word beskaam,hulle kom by die spruit, en daar is niks.

21. “Só het julle vir my geword.Julle het skaars my treurige toestand gesien of julle skrik.

22. Het ek ooit vir julle gesê: ‘Gee vir my ietsof koop iemand vir my om met julle geld,

23. red my van 'n vyandof koop my los uit die mag van verdrukkers’?

24. Help my om te verstaan, dan sal ek stilbly,sê my waar ek verkeerd gedoen het.

25. Opregte woorde maak nie seer nie,maar 'n bestraffing deur júlle is geen bestraffing nie.

26. Wil julle my bestraf oor wat ek gesê het,beskou julle die woorde van 'n wanhopige as blote wind?

27. Julle trek lootjies selfs oor 'n weeskinden verkwansel julle vriend vir wins.

28. Maar kyk nou na my geval,ek sal tog nie in julle gesig vir julle lieg nie.

29. Besin julle, moenie dat daar onreg geskied nie,besin julle, my saak is reg.

30. Het ek onreg gepleeg met wat ek gesê het,weet ek nie wat 'n ramp is nie?”