Job

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Afrikaans 1983

Job 17 Afrikaans 1983 (AFR83)

Job: Daar is nie hoop in die doderyk nie

1. “Ek is gedaan, my tyd is verby, net die graf bly vir my oor.

2. Al wat ek hoor, is bespotting;my oë is dof van my bitter lyding.

3. Wees tog vir my 'n borg, o God!Wie anders kan vir my instaan?

4. U het die verstand van my vriende vir rede gesluit,moenie dat hulle seëvier nie.

5. Sou iemand sy besittings met sy vriende deel,terwyl sy eie kinders gebrek ly?

6. God het my tot 'n bespotting van mense gemaak;hulle spoeg in my gesig.

7. My oë het swak geword van die swaarkry,my liggaam is net 'n skaduwee.

8. Die opregtes slaan die hande saam daarooren die onskuldiges kom in opstand oor die godlose mense.

9. Wie reg het, loop sy pad,wie rein voor God is, neem toe in krag.

10. Al kom julle almal elke keer weer terug,kry ek nie een onder julle wat verstandig is nie.

11. My dae is verby,dis klaar met wat ek beplan en begeer het.

12. My vriende maak mos of die nag dag is,of die lig naby is omdat dit donker is.

13. As ek my hoop vir 'n huis op die doderyk sou vestig,sy donkerte my bed sou maak,

14. as ek vir die graf sou sê: ‘Jy is my vader,’en vir die wurms: ‘Julle is my moeder en my susters,’

15. watter hoop sou ek dan hêen wie sou vir my enige hoop kon gee?

16. Sou die hoop dan saam met my na die doderyk toe afgaan?Sou ons saam in die stof kon rus?”