Afrikaans 1983

Job 17:8-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Die opregtes slaan die hande saam daarooren die onskuldiges kom in opstand oor die godlose mense.

9. Wie reg het, loop sy pad,wie rein voor God is, neem toe in krag.

10. Al kom julle almal elke keer weer terug,kry ek nie een onder julle wat verstandig is nie.

11. My dae is verby,dis klaar met wat ek beplan en begeer het.

12. My vriende maak mos of die nag dag is,of die lig naby is omdat dit donker is.

13. As ek my hoop vir 'n huis op die doderyk sou vestig,sy donkerte my bed sou maak,

14. as ek vir die graf sou sê: ‘Jy is my vader,’en vir die wurms: ‘Julle is my moeder en my susters,’

15. watter hoop sou ek dan hêen wie sou vir my enige hoop kon gee?

16. Sou die hoop dan saam met my na die doderyk toe afgaan?Sou ons saam in die stof kon rus?”