Afrikaans 1983

Job 15:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Is jy die eerste mens wat gebore is?Het jy vóór die berge in die wêreld gekom?

8. Het jy in die raadsvergadering van God gesit en luister?Het jy die alleenreg op die wysheid?

9. Wat weet jy wat ons nie weet nie?Wat verstaan jy wat ons nie ook verstaan nie?

10. Ook onder ons is daar ou manne en grysaards,manne selfs ouer as jou pa.

11. “Beteken die troos wat van God kom, vir jou niks,die woorde wat met soveel deernis tot jou gerig is?