Afrikaans 1983

Job 15:3-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Kan hy hom verdedig met woorde wat niks sê nie,met 'n pratery wat niks beteken nie?

4. Maar jy maak selfs die eerbied vir God nutteloos,jy maak dit onmoontlik om iets in sy teenwoordigheid te sê.

5. Dit is jou sonde wat jou die woorde in die mond lê;daarom kies jy sulke slinkse woorde.

6. Nie ek nie, jou eie mond veroordeel jou,alles wat jy sê, getuig teen jou.

7. Is jy die eerste mens wat gebore is?Het jy vóór die berge in die wêreld gekom?

8. Het jy in die raadsvergadering van God gesit en luister?Het jy die alleenreg op die wysheid?

9. Wat weet jy wat ons nie weet nie?Wat verstaan jy wat ons nie ook verstaan nie?

10. Ook onder ons is daar ou manne en grysaards,manne selfs ouer as jou pa.

11. “Beteken die troos wat van God kom, vir jou niks,die woorde wat met soveel deernis tot jou gerig is?

12. Waarom het jou gevoel met jou op loop gesit,waarom blits jou oë so?

13. Wil jy jou woede op God koeldat daar sulke woorde uit jou mond kom?