Afrikaans 1983

Jesaja 59:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Hulle is daarop uit om kwaad te doen,hulle aarsel nie om onskuldige bloed te vergiet nie.Hulle planne is bose planne:oral waar hulle gaan, is daar verwoesting en ondergang.

8. Hulle ken nie so iets soos 'n pad van vrede nie,waar hulle loop, is daar geen reg nie;hulle loop krom paaie,wie hulle volg, sal nie vrede ken nie.

9. Daarom is daar geen sprakevan reg en geregtigheid vir ons nie.Ons wag op lig, maar dit bly donker,ons wag op 'n straaltjie lig, maar ons pad bly pikdonker.

10. Ons tas teen die mure soos blindes,ons tas rond soos mense wat geen oë het nie.Ons struikel helder oordag soos in die skemer,ons is soos dooies onder gesonde mense.

11. Ons is almal soos grommende bere,soos duiwe wat kla en kla.Ons wag op reg, maar daar is geen reg nie,op redding, maar dit bly ver van ons af.

12. Ons oortredings teen U is baie,ons sondes kla ons aan.Ons oortredings bly ons by,ons bly bewus van ons sondes:

13. die oortreding en die geveinsdheid teenoor die Here,die ontrou teenoor ons God,die beplanning van onderdrukking, die verdraaiing van die reg,die uitdink en rondvertel van leuens.