Afrikaans 1983

Jesaja 59:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die arm van die Here is nie te kort om te help nieen sy oor is nie te doof om te hoor nie.

2. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring hettussen julle en julle God,dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nieen nie na julle wil luister nie.

3. Julle hande is met bloed bevlek,julle vingers met onreg.Julle praat net leuens,julle bedink net onreg.

4. Niemand stel sy saak eerlik nie,geen uitspraak is betroubaar nie.Almal vertrou op leë woorde,wat hulle sê, is nie waar nie,hulle is swanger van kwaad,hulle bring onreg voort.

5. Hulle broei slangeiers uit,hulle weef spinnerakke.Wie van daardie eiers eet, sterf;as dit oopgebreek word, kom daar slange uit.

6. Hulle spinnedrade deug nie vir klere nie,hulle kan hulle nie toemaak met wat hulle gemaak het nie;hulle dade is misdade,hulle pleeg net geweld.

7. Hulle is daarop uit om kwaad te doen,hulle aarsel nie om onskuldige bloed te vergiet nie.Hulle planne is bose planne:oral waar hulle gaan, is daar verwoesting en ondergang.