Afrikaans 1983

Jesaja 34:5-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Wanneer my swaard so uit die hemel uitdie bloed van die nasies laat vloei het,sal hy afkom op Edom,op die volk wat Ek heeltemal wil uitroeiwanneer Ek hom straf.

6. Die swaard van die Here is vol bloeden drup van die vet:die bloed van lammers en bokramme,die niervet van skaapramme.Die Here hou 'n offerfees in Bosra,Hy rig 'n groot slagting aan in Edom.

7. Die buffels val saam met die mense,die bulkalwers saam met die bulle.Hulle land is deurdrenk van die bloed,die grond is deurweek van die vet.

8. Die dag van die wraak van die Here het gekom,die jaar van vergelding ter wille van Sion se saak.

9. Die riviere van Edom sal in teer verander,sy grond in swael:sy land word een stuk brandende teer.

10. Dit sal bly brand, dag en nag;die rook sal aanhou opstyg.Geslagte lank sal die land in puin lê;tot in die verre toekoms sal niemand ooit weer daar rondtrek nie.

11. Uile en kraaie sal hom in besit neemen hulle daar tuismaak.Die Here sal sy maatlyn span en sy skietlood aanlêen bepaal dat die land onbewoonbaar en leeg moet word.

12. Vir dié wat in Edom gesag uitgeoefen het,sal daar nie meer 'n koninkryk wees nie,al sy leiers sal daarmee heen wees.

13. Dorings sal in sy paleise opkom,brandnetels en dissels in sy vestings,hy sal 'n lêplek vir jakkalse, 'n tuiste vir volstruise wees.

14. Wildehonde en hiënas sal mekaar daar kry,veldgode sal na mekaar roepen die naggees sal daar bly en 'n woonplek vind.