Afrikaans 1983

Jesaja 34:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Kom nader, nasies, luister!Gee aandag, volke!Die aarde met alles daarop moet hoor,die wêreld en alles wat hy voortbring.

2. Die toorn van die Here is teen al die nasies gerig,sy woede teen al hulle leërmagte.Hy gaan hulle heeltemal uitroei,hulle prysgee om doodgemaak te word.

3. Hulle dooies sal net so bly lê,hulle lyke sal stink,en die berge sal van hulle bloed deurdrenk word.

4. Al die hemelliggame sal wegsmelt;die hemel sal soos 'n boekrol toegerol worden al die sterre sal hulle glans verloorsoos die blare van 'n wingerdstokof van 'n vyeboom wat verdroog.

5. Wanneer my swaard so uit die hemel uitdie bloed van die nasies laat vloei het,sal hy afkom op Edom,op die volk wat Ek heeltemal wil uitroeiwanneer Ek hom straf.

6. Die swaard van die Here is vol bloeden drup van die vet:die bloed van lammers en bokramme,die niervet van skaapramme.Die Here hou 'n offerfees in Bosra,Hy rig 'n groot slagting aan in Edom.