Afrikaans 1983

Jesaja 25:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Op hierdie berg sal Hy die doek verwyder,die doek wat oor al die volke gegooi was,waarmee al die nasies toegemaak was.

8. Hier sal die Here God die dood vir ewig vernietig,en die trane op almal se gesigte afvee.Oor die hele aarde sal Hy die smaad verwyderwat sy volk aangedoen is.Die Here het dit gesê.

9. Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê:Kyk daar, dit is ons God,ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered.Dit is die Here! Ons het op Hom vertrou.Laat ons bly wees en juig omdat Hy ons gered het.

10. Die mag van die Here sal op hierdie berg geopenbaar word:Hy sal Moab aan die voet daarvan vertrapsoos stoppels op 'n mishoop vertrap word.

11. Moab sal sy hande in die mishoop uitsteeksoos 'n swemmer wat probeer wegswem,maar God sal hulle in hulle trots vernederal probeer hulle om hulleself te red.

12. Hy sal Moab se vestings, hulle hoë mure, laat omval,Hy sal hulle plat op die grond neergooi.