Afrikaans 1983

Jesaja 25:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Here, U is my God!Ek wil U prys en u Naam loof!U het wonders gedoen;dinge wat U lankal besluit het,het U volgens plan uitgevoer.

2. U het die groot stad verander in puinhope,die vestingstad in ruïnes.Die vesting van die vyand is nie meer 'n stad nie,dit sal nooit herbou word nie.

3. Die sterk nasie sal voor U buig,in die stad van die trotse volk sal hulle U dien,

4. want U is 'n toevlug vir die armes,'n toevlug vir die behoeftiges in hulle nood,'n skuilplek teen die stortbuie,'n skaduwee teen die hitte.Die geweld van die wrede volk is soos 'n winterstorm,

5. soos sonsteek in 'n dor land.U het die rumoer van die vyand laat ophou,die oorwinningsliedere van die trotse volk laat verdwynsoos hitte verdwyn onder die skaduwee van 'n wolk.