Afrikaans 1983

Jeremia 50:26-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Val die land binne van alle kante af,breek oop sy graanskure!Gooi die lyke van sy inwoners op hopesoos hope graan,roei hulle heeltemal uit,moet niemand laat oorbly nie!

27. Steek al sy leiers dood,maak hulle van kant!Ellende wag vir hulle, hulle dag het gekom,die tyd is daar dat hulle gestraf word.

28. Luister hoe die vlugtelinge, dié wat uit Babel ontkom het,in Sion kom vertel hoe die Here ons God Hom gewreek het,Hom gewreek het oor sy tempel!

29. Roep baie manskappe op teen Babel, al die boogskutters;laat hulle kamp opslaan rondom hom,moenie dat een vrykom nie.Betaal hom terug vir wat hy gedoen het,doen aan hom soos hy aan ander gedoen het,want hy was hooghartig teen die Here,teen die heilige God van Israel.

30. Dit is daarom dat sy jongmanne op sy strate sal sneuwel,dat al sy soldate omgebring sal wordwanneer die tyd daar is, sê die Here.

31. Ek gaan optree teen jou, hooghartige land,sê die Here God, die Almagtige,want jou dag het gekom,die tyd is daar dat Ek jou gaan straf.

32. Die hooghartige land struikel, hy valen niemand help hom op nie.Ek steek sy stede aan die brand,die vuur sal almal rondom hom verteer.

33. So sê die Here die Almagtige:Die Israeliete word verdruk,en saam met hulle die Judeërs.Dié deur wie hulle gevange gehou word,hou hulle vas en weier om hulle vry te laat.