Afrikaans 1983

Jeremia 50:24-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Ek het vir jou 'n strik gespanwaarvan jy nie geweet het nie, Babel,en jy is daarin gevang;jy is betrap en vasgevangomdat jy die stryd teen My, die Here, aangebind het.

25. Die Here het sy arsenaal oopgemaaken die wapens van sy toorn uitgehaal,want Hy, die Here God, die Almagtige,het werk te doen in Galdeërland:

26. Val die land binne van alle kante af,breek oop sy graanskure!Gooi die lyke van sy inwoners op hopesoos hope graan,roei hulle heeltemal uit,moet niemand laat oorbly nie!

27. Steek al sy leiers dood,maak hulle van kant!Ellende wag vir hulle, hulle dag het gekom,die tyd is daar dat hulle gestraf word.

28. Luister hoe die vlugtelinge, dié wat uit Babel ontkom het,in Sion kom vertel hoe die Here ons God Hom gewreek het,Hom gewreek het oor sy tempel!

29. Roep baie manskappe op teen Babel, al die boogskutters;laat hulle kamp opslaan rondom hom,moenie dat een vrykom nie.Betaal hom terug vir wat hy gedoen het,doen aan hom soos hy aan ander gedoen het,want hy was hooghartig teen die Here,teen die heilige God van Israel.

30. Dit is daarom dat sy jongmanne op sy strate sal sneuwel,dat al sy soldate omgebring sal wordwanneer die tyd daar is, sê die Here.

31. Ek gaan optree teen jou, hooghartige land,sê die Here God, die Almagtige,want jou dag het gekom,die tyd is daar dat Ek jou gaan straf.

32. Die hooghartige land struikel, hy valen niemand help hom op nie.Ek steek sy stede aan die brand,die vuur sal almal rondom hom verteer.

33. So sê die Here die Almagtige:Die Israeliete word verdruk,en saam met hulle die Judeërs.Dié deur wie hulle gevange gehou word,hou hulle vas en weier om hulle vry te laat.

34. Maar hulle Beskermer is magtig;sy Naam is die Here die Almagtige.Hy sal vir hulle reg opkom:Hy sal rus bring in die land Israel,maar onrus vir die inwoners van Babel.

35. Trek die swaard teen die Galdeërs, sê die Here,teen die inwoners van Babel,teen sy amptenare en sy raadgewers;

36. trek die swaard teen sy waarsêersdat dit kan blyk watter onsin hulle praat;trek die swaard teen sy soldatedat hulle skrikbevange kan word;

37. trek die swaard teen sy perde en sy strydwaens,teen die huurtroepe by homdat hulle soos vrouens word;trek die swaard teen sy skuredat hulle geplunder word;

38. lê droog sy gragte dat hulle opdroog;hy is 'n land vol afgodsbeeldewat mal word van die skrik wat hulle tref.

39. Die stad sal bewoon word deur hiënas en jakkalse,daar sal volstruise bly;die stad sal nooit weer bewoon word nie,niemand sal ooit weer daar bly nie.

40. Soos God vir Sodom en Gomorra en hulle buurdorpeverwoes het, sê die Here,so sal niemand in Babel woon nie;geen mens sal daar wil bly nie.