Afrikaans 1983

Jeremia 50:23-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Hoe gebreek, hoe in stukke lê die hamer nouwaaronder die hele aarde moes ly!Hoe verlate het Babel geword tussen die nasies!

24. Ek het vir jou 'n strik gespanwaarvan jy nie geweet het nie, Babel,en jy is daarin gevang;jy is betrap en vasgevangomdat jy die stryd teen My, die Here, aangebind het.

25. Die Here het sy arsenaal oopgemaaken die wapens van sy toorn uitgehaal,want Hy, die Here God, die Almagtige,het werk te doen in Galdeërland:

26. Val die land binne van alle kante af,breek oop sy graanskure!Gooi die lyke van sy inwoners op hopesoos hope graan,roei hulle heeltemal uit,moet niemand laat oorbly nie!

27. Steek al sy leiers dood,maak hulle van kant!Ellende wag vir hulle, hulle dag het gekom,die tyd is daar dat hulle gestraf word.

28. Luister hoe die vlugtelinge, dié wat uit Babel ontkom het,in Sion kom vertel hoe die Here ons God Hom gewreek het,Hom gewreek het oor sy tempel!

29. Roep baie manskappe op teen Babel, al die boogskutters;laat hulle kamp opslaan rondom hom,moenie dat een vrykom nie.Betaal hom terug vir wat hy gedoen het,doen aan hom soos hy aan ander gedoen het,want hy was hooghartig teen die Here,teen die heilige God van Israel.

30. Dit is daarom dat sy jongmanne op sy strate sal sneuwel,dat al sy soldate omgebring sal wordwanneer die tyd daar is, sê die Here.