Afrikaans 1983

Jeremia 50:19-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Maar vir Israel sal Ek terugbring na sy weiveld toe, en hy sal op Karmel en in Basan wei, hy sal volop te wei hê op die Efraimsberge en in Gilead.

20. Dan, in daardie tyd, sê die Here, sal daar navraag gedoen word na die sonde van Israel, na die oortredings van Juda, maar daar sal niks wees nie, niks gevind word nie, want Ek sal die sonde van dié wat Ek laat oorbly, vergewe.

21. Trek op teen Meratajimen teen die inwoners van Pekod,maak hulle dood, roei hulle heeltemal uit,sê die Here,maak met hulle presies soos Ek jou beveel!

22. Daar is oorlogsrumoer in die land,daar is groot verwoesting!

23. Hoe gebreek, hoe in stukke lê die hamer nouwaaronder die hele aarde moes ly!Hoe verlate het Babel geword tussen die nasies!

24. Ek het vir jou 'n strik gespanwaarvan jy nie geweet het nie, Babel,en jy is daarin gevang;jy is betrap en vasgevangomdat jy die stryd teen My, die Here, aangebind het.

25. Die Here het sy arsenaal oopgemaaken die wapens van sy toorn uitgehaal,want Hy, die Here God, die Almagtige,het werk te doen in Galdeërland:

26. Val die land binne van alle kante af,breek oop sy graanskure!Gooi die lyke van sy inwoners op hopesoos hope graan,roei hulle heeltemal uit,moet niemand laat oorbly nie!

27. Steek al sy leiers dood,maak hulle van kant!Ellende wag vir hulle, hulle dag het gekom,die tyd is daar dat hulle gestraf word.

28. Luister hoe die vlugtelinge, dié wat uit Babel ontkom het,in Sion kom vertel hoe die Here ons God Hom gewreek het,Hom gewreek het oor sy tempel!

29. Roep baie manskappe op teen Babel, al die boogskutters;laat hulle kamp opslaan rondom hom,moenie dat een vrykom nie.Betaal hom terug vir wat hy gedoen het,doen aan hom soos hy aan ander gedoen het,want hy was hooghartig teen die Here,teen die heilige God van Israel.

30. Dit is daarom dat sy jongmanne op sy strate sal sneuwel,dat al sy soldate omgebring sal wordwanneer die tyd daar is, sê die Here.