Afrikaans 1983

Jeremia 4:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Swaai die vaandel: Na Sion toe!Soek veiligheid, moenie talm nie!Ek, die Here, laat onheil uit die noorde kom, 'n groot ramp.

7. Die leeu het opgestaan uit sy lêplek,die vernietiger van die nasies is op pad,hy het uit sy blyplek uitgegaan om jou land te verwoes.Jou stede sal in puin lê, sonder inwoners.

8. Daarom, trek rouklere aan, huil en kerm,want die toorn van die Here rus nog op ons.

9. Daardie dag, sê die Here,sal die koning en die amptenare se moed hulle begewe,die priesters sal verslae staanen die profete sal nie weet waarheen nie.

10. Toe sê ek: “Ag, Here my God!U het hierdie volk en Jerusalem bedrieg.U het gesê: ‘Julle sal vrede hê,’maar nou lê die swaard teen ons kele.”